Met die koms van die Lente Maandag het ek letterlik die sonskyn op my vel gevoel toe ek buitentoe gaan, en die verwagting van die nuwe seisoen het ek binne-in my voel borrel. Dinsdag het Anri haar 15de verjaardag gevier- ons eerste verjaardagviering in ons nuwe dorp. Weereens het dit my getref hoe goed die Here vir ons, en veral vir die dogters gesorg het. Vandat die huis se verkoop in Februarie bevestig is, het ek begin bid dat Hy vir Karla en Anri die pad sal oopmaak, maats wat Hom ken sal begin voorberei. En my hart bly "summersaults" maak elke keer as ek sien en hoor hoe hulle inpas. 'n Personeellid by die skool het my eendag gevra hoe hulle aanpas, en toe ek positief reageer sê sy: " Ek hoop jy besef dit is nie normaal nie. Nuwe kinders sukkel altyd erg om "in" te kom hier. Iemand het seker baie gebid..." Ek het geglimlag, want as sy weet hoeveel vriendinne saam met my gebid het... En dit was lekker om haar te antwoord: "As jy net weet hoe!"
Ek hoor nou die dag die volgende aanhaling:
If you are depressed, you are living in the pastDit het my nogal aan die dink gesit. Ek besef dat daar 'n fyn lyn is tussen herinneringe koester en met dankbaarheid onthou, teenoor hunker na en leef in die verlede. 'n Lyn wat mens maklik kan oorskry wanneer jy 'n nuwe, onsekere begin moet maak. Wanneer jy heeltyd terugkyk na wat jy gehad het en die goeie daarvan vergelyk met die minder goeie van die hede of nuwe, loop jy gevaar om die goeie van die hede mis te kyk.
If you are anxious, you are living in the future
Live life today and be at peace
Ek onthou graag. Ek het wonderlike herinneringe aan 'n gelukkige, "care-free" kindertyd op die plaas. Familie kuiers met oupas, oumas en hope niggies en nefies onthou ek as idillies (noudat ek volwasse is besef ek dit was dalk minder so vir die volwassenes wat ons almal moes versorg ☺)
Skool en koshuis onthou ek as lekker, pret-tye. Ek het goeie en lojale vriende wat al jare deel van my lewe is. Ons as gesin het al goed swaargekry, maar kon deur dit nog altyd getuig dat God ons versorg en deurgedra het, so selfs daardie tye onthou ek as positief.
Ek klou vas aan vriende, familie en plekke wat vir my iets beteken; en is maar lugtig vir verandering en nuwe dinge. Gee my 'n album met ou foto's en ek is vir 'n paar ure verlore vir die samelewing! (een van die redes waarom ons inpakkery so lank gevat het!!)
As ek aan die toekoms begin dink is daar baie om oor angstig te raak: blyplek, werk en inkomste, groter uitgawes, kinders wat groter word en amper die huis moet verlaat, studiekostes.... die lysie vul homself daagliks aan. Ek loop dikwels die gevaar om TE veel op die toekoms te fokus: hoe, wat, waar, wie, wanneer. En omdat ek selde antwoorde op al hierdie vrae kry, is angstigheid 'n gereelde "companion"
Vir my bly een van die wondere van menswees dat ons onsself heeltyd beter kan leer ken EN kan aanpas en ontwikkel. Een ding wat ek dus goed besef is dat ek moet werk maak daarvan om in die hede te leef. Om elke dag die goeie van die dag raak te sien en die mense wat my pad kruis raak te leef.
Kans om geleenthede raak te sien wat my kant toe kom.
Ek het vandag die geleentheid gehad om saam met personeel van Life Community Services te "toer" en al hul sentrums te besoek. Ons was diep in Thembalethu in, Pacaltsdorp, Conville, Borcherds... Oral by plekkies gestop waar opgeleide lede van die gemeenskap by Life se kleuterskooltjies kinders leer en besig hou - dikwels gee die ouers nie eers om waar die kinders vandag is nie. Van gehuggies tot huise..Baie plekke langs die pad sit hordes mense...werkloos, uitsigloos, moedeloos. En ek dink aan die goed waaroor ek MY bekommer: 'n groot genoeg huis in 'n mooi area, kinders se take, of dit tot my kind se voordeel sou wees om dalk eerder 'n prefek in haar ou skool te kon wees, niemand om mee te kuier en tee te drink nie.... En ek kry skaam! Ek dink aan dit waarop ek en my vriendinne ons geld uitgee, en dan kyk ek om my... Ek wonder of ons nie die pot VER mis sit nie!!! Hoe belangrik is dit "in the bigger scheme of things" of jou gordyne en bedval se skakerings bymekaar pas, as daar mense is wat HONGER is??? En voor jy antwoord: ek weet ons sê dikwels ons sal so graag wil help, maar weet nie waar nie, of daar is nie regtig so iets in jou omgewing nie, of ('n gunsteling) maar die mense wil nie hulself help nie! Ek kan nie vir een oomblik dink dat daardie antwoorde voor God water dra nie. En ja, geld help, maar hande en tyd beteken nog meer (glo ek), juis omdat dit opoffering van ons vra. En dis hier wat "stil tye" handig te pas kom. Tyd om God se stem te hoor en raak te sien waar Hy jou wil gebruik. Want ons is steeds almal stukkies in God se groot legkaart. En solank ek nie luister of gehoorsaam is nie, is daar heeltyd 1 stukkie in die groter prentjie wat weg is, en die legkaart kan nie voltooi word nie. Ek luister na Jamie Grace se liedjie "Little Ol Me": https://www.youtube.com/watch?v=_gh5XyCHhKw en dit maak my opgewonde om te weet ons is hier as deel van 'n groter plan!
Oh Jesus how I love the way You’re writing my life
However could it be, to have a part in your story
Bigger than what I can see, little old me, little old me
I may not know Your plan but I’m safe here in Your hands
Cause I know that You believe, in little old me, little old me
Vir die wat wil weet hoe dit met ons huis-soekery gaan: Ons wag (en soek) nog! Toe ek so 2 weke gelede een aand radeloos weer vir die Here vra: "wanneer gaan ons 'n huis kry, ek soek nou my eie plek en goed?!?" kry ek die volgende antwoord uit Habakuk 2: " Die dinge wat Ek beplan gaan nie nou dadelik gebeur nie.... wag geduldig (my swak punt!), al voel dit of dit stadig gaan. Wees verseker dit gaan gebeur, dit sal nie onnodig talm nie" Hoe is dit vir 'n reguit antwoord!! En in my Bybel sien ek die volgende ingeskryf: onnodig=mow'ed (Hebr)= 'n fees wat reeds gereel is! So nou weet ek verseker: ons huis is reeds gereel en uitgesoek! Ons moet net wag dat dit beskikbaar word... En intussen elke dag voluit LEEF!